Kinderpartytjie pakkette


Algemeen

Kom hou jou partytjie by ons. Die onderste pakkette is vir 15 - 20 kinders.
Die huur van die area sluit die hindernisbaan, fietsbaan met fietse (twee 12 duim balanseer fietsies, drie 16 duim, vyf 20 duim en een 24 duim fiets), braaiplek en afdak met tafels en stoele in.

Ons het ook 'n snoepie.
Maandae tot Saterdae 09:00 tot 12:30 of 14:00 tot 17:30

Sakpas pakket

R600

Huur die area en u bring alles.

Prinses pakket

R750

Huur die area.
+
Rustige musiek.
Voetspa saam met ‘n koeldrankie.
Naels word geverf.
Gesigmaskers met komkommers.

Standaard pakket

R800

Huur die area.
+
Elke kind kry ‘n bakkie lekkers en ‘n koeldrank.
Elkeen verf ook ietsie kleins uit hout gesny.

Alles in een dogtertjie pakket

R950

Huur die area.
+
Rustige musiek.
Voetspa.
Naels word geverf.
Gesigmaskers met komkommers.
+
Elke kind kry ‘n bakkie lekkers en ‘n koeldrank en verf ietsie kleins uit hout gesny.

Maplotter pakket

R1000

Huur van area.
+
Worsbroodjies
Koeldrank
Motorband rol kompetisie al om die fietsbaan.
Almal braai na die tyd marshmellows.

Weermag pakket

R1050

Huur van area.
+
Ons almal verf strepe oor ons wange en begin met 5 uitdagings, bv.
  • Wie kan hulle voete die langste in yskoue yswater propvol ys hou.
  • Jy word geblinddoek. Ons kyk wie kan die meeste items binne 1 minuut uit ‘n massiewe bak vol jellie uithaal.
  • Ons kyk wie kan die meeste balletjies binne 1 minuut met ‘n lepel in jou mond en jou hande agter jou rug,opskep en in ‘n ander bakkie gooi.
  • Ons kyk wie kan die vinnigste ‘n donut eet terwyl jou hande agter jou rug vasgebind is.
  • Groepsaktiwiteit: Almal sit in ‘n ry. Elkeen het ‘n glasie in hulle hande. Die voorste ou se glasie is vol. Jy moet nou die maatjie agter jou se glasie bo-op jou kop volmaak. Ons kyk of daar enige water gaan oorbly wanneer ons by die laaste maatjie kom.
Almal braai hulle eie worsie vir sy/haar worsbroodjie.
Koeldrank
Almal braai na die tyd marshmellows.